Sewe Susters (Moskou)

Die Moskouse Staatsuniversiteit.
Hotel Oekraïne.
Die hoofgebou van die departement van buitelandse sake.
Hotel Leningradskaja.
Die woonstelblok aan Kotelnitsjeskaja-wal.
Die woonstelblok op Koedrinskajaplein.

Die Sewe Susters of Stalin se Troukoeke is ’n bynaam vir sewe wolkekrabbers in Moskou in die Stalinistiese boustyl. Dié name word nie in Rusland gebruik nie; Moskowiete noem hulle Wisotki of Stalinskije Wisotki (Russies: Сталинские высотки), "Stalin se hoë geboue". Hulle is tussen 1947 en 1953 gebou in ’n uitspattige kombinasie van die Russiese barok- en Gotiese styl en die tegnologie wat gebruik word in die bou van Amerikaanse wolkekrabbers.

Die sewe geboue is die Hotel Oekraïne, woonstelblokke aan Kotelnitsjeskaja-wal en op Koedrinskajaplein, die Hotel Leningradskaja, die hoofgebou van die departement van buitelandse sake, die Moskouse Staatsuniversiteit en die Rooihek-administrasiegebou.

Soortgelyke geboue bestaan in ander voormalige Kommunistiese lande, maar die enigste een wat kan kers vashou by dié in Moskou is die Paleis van Kultuur en Wetenskap in Warskou, Pole.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne